Gegrond op honderde jare se vuurmaak tradisie, is die Vlamvatter™ ‘n unieke vuur blaaspyp vir enige braaivleis, pizza oond of kaggel vuur applikasie. Verby is die dae wat ‘n mens die rook in asem, terwyl jy probeer om die vuur te blaas of stook met ‘n waai voorwerp.
Die Vlamvatter™ is vervaardig uit vlekvrye staal en is so ontwerp dat die lug spoed versnel vir beter werksverrigting. Die Vlamvatter™ maak seker dat konstante suurstof by die vuur kan uitkom deur middel van die unieke ontwerp, sodat daardie vuur rooiwarm kan bly.
Die Vlamvatter™ het ook n vlekvrye staal hakkie wat goed werk om daardie stompe rond te skuif in jou vuur, die hakkie op die Vlamvatter ™ werk ook goed om daardie items wat jy nie op jou bakkie kan bykom nie, nader te sleep.





Sterk Vlekvrye staal hakkie wat veeldoelig is

Pragtige hout handvatsel wat gemaklik in enige hand pas.

Vlekvrye staal mondstuk wat maklik skoon gemaak kan word tussen gebruikers.

Gebruike

Hanteer warm rooster

Draai jou kool aartappels om

Tel warm Potjie op

Hou jou vuur agter in die pizza oond aan die gang

Lig warm Potjie deksel

Krap kole rond

Ons Storie

Die twee eienaars en ontwerpers van Vlamvatter ™, Danie Rossouw (Lang Daan) en Koos Van Schalkwyk (Kort Koos) was op n visvang naweek. Hulle het gesukkel om n vuur met nat hout aan die gang te kry en toe n tent paal se punt platgekap om n blaaspyp te maak. Dit was die begin van die Vlamvatter ™ en het gelei tot die veeldoelige produk wat nou beskikbaar is.


Tiepes:

– Stainless Steel (1m)
– Aluminum (1m)






Buy Now